Die brandewyn is ’n noukeurig saamgestelde versnit waarvan die potketelkomponent bestaan uit 10-, 15- en 20-jaar oue potketelbrandewyne.
Elke druppel getuig van geduld, vakmanskap en die Boplaas-tradisie van uitnemendheid.
Verwag klassieke geure van ryp perske, Calitzdorp appelkoos en vanielje, met ’n gladde, afgeronde mondgevoel wat aanhou lank nadat die glas leeg is.
“n Mooi brandewyn wat gedrink kan word soos jy dit geniet, saam met vriende en familie, om ‘n kampvuur, in die Boland tot in die Bosveld.”


