Preorder

Boplaas–Frans Malherbe 10 Jaar Premium Brandewyn Box of 6

R3000,00

Die Boplaas–Frans Malherbe 10 Jaar Brandewyn is ’n uitsonderlike samewerkingsprojek tussen Boplaas en die dubbel Wêreldbeker-kampioen Frans Malherbe.

Hierdie beperkte vrystelling distilleer twee passies saam – die Nels se liefde vir rugby en Frans se waardering vir fyn brandewyn.

Vrystellingsdatum: 13 November 2025
Word verkoop in kiste van 6 bottels vir R500 ‘n bottel.

Category:

Additional information

Alcohol Percentage

41.5%

Product Description

Die brandewyn is ’n noukeurig saamgestelde versnit waarvan die potketelkomponent bestaan uit 10-, 15- en 20-jaar oue potketelbrandewyne.
Elke druppel getuig van geduld, vakmanskap en die Boplaas-tradisie van uitnemendheid.

Verwag klassieke geure van ryp perske, Calitzdorp appelkoos en vanielje, met ’n gladde, afgeronde mondgevoel wat aanhou lank nadat die glas leeg is.

Vrystellingsdatum: 13 November 2025
Beperk tot 3500 bottels
Word verkoop in kiste van 6 bottels vir R500 ‘n bottel. 

“n Mooi brandewyn wat gedrink kan word soos jy dit geniet, saam met vriende en familie, om ‘n kampvuur, in die Boland tot in die Bosveld.”

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop